Privaatheidkennisgewing vir Google-rekeninge en -profiele wat met Family Link bestuur word, vir kinders onder 13 (of toepaslike ouderdom in jou land) (“Privaatheidkennisgewing”)

Vir jou kind om hul eie Google-rekening of -profiel te hê, het ons dalk jou toestemming nodig om jou kind se inligting in te samel, te gebruik of openbaar te maak, soos beskryf in hierdie privaatheidkennisgewing en Google se privaatheidsbeleid. Wanneer jy jou kind toelaat om ons dienste te gebruik, vertrou jy en jou kind ons met jul inligting. Ons verstaan dat dit ’n groot verantwoordelikheid is en werk hard om jul inligting te beskerm en jou in beheer te stel. Jy kan kies of jou kind hul aktiwiteitkontroles kan bestuur vir goed soos Web- en Appaktiwiteit, YouTube-geskiedenis, en – in toepaslike streke – om sekere Google-dienste te koppel.

Hierdie privaatheidkennisgewing vir Google-rekeninge en -profiele wat met Family Link bestuur word vir kinders onder 13 (of toepaslike ouderdom in jou land) en Google se privaatheidsbeleid verduidelik Google se privaatheidpraktyke. Waar daar privaatheidpraktyke is wat spesifiek vir jou kind se rekening of profiel is, soos in die geval van beperkings op gepersonaliseerde advertensies, word daardie verskille uiteengesit in hierdie privaatheidkennisgewing.

Hierdie privaatheidkennisgewing is nie van toepassing op die praktyke van enige derdeparty (nie-Google) -programme en -werwe wat jou kind dalk gebruik nie. Jy moet die toepaslike bepalings en beleide vir derdepartyprogramme, -handelinge en -werwe nagaan om hul gepastheid vir jou kind te bepaal, insluitend hul datainsameling en -gebruikspraktyke.

Inligting wat ons insamel

Wanneer jy toestemming gegee het dat jou kind ’n Google-rekening of -profiel mag hê, sal hul rekening of profiel oor die algemeen soos joune hanteer word wat betref die inligting wat ons insamel. Byvoorbeeld, ons samel die volgende in:

Inligting wat jy en jou kind skep of vir ons gee.

As deel van die rekening- of profielskeppingproses kan ons vra vir persoonlike inligting soos voornaam en van, e-posadres en geboortedatum. Ons samel die inhoud in wat jy of jou kind verskaf, waaronder jou aanlyn kontakinligting wat ons nodig het om jou te kan kontak om instemming te versoek. Ons samel ook die inligting in wat jou kind skep, oplaai, of van ander mense af ontvang wanneer hulle hul rekening of profiel gebruik, soos wanneer jou kind ’n foto in Google Foto's stoor of ’n dokument in Google Drive skep.

Inligting wat ons kry uit jou kind se gebruik van ons dienste.

Sekere inligting oor die dienste wat jou kind gebruik en hoe jou kind dit gebruik word outomaties ingesamel en geberg; soos byvoorbeeld wanneer jou kind ’n navraag in Google Search invoer, met die Google Assistent praat of ’n video in YouTube Kids kyk. Hierdie inligting sluit in:

  • Jou kind se programme, blaaiers en toestelle

    Ons samel inligting in oor die programme, blaaiers en toestelle wat jou kind gebruik om toegang tot Google-dienste te kry, insluitend unieke identifiseerders, blaaiersoort en -instellings, toestelsoort en -instellings, bedryfstelsel, selnetwerkinligting insluitend die diensverskaffernaam en foonnommer, en die program se weergawenommer. Ons samel ook inligting in oor die interaksie van jou kind se programme, blaaiers en toestelle met ons dienste, insluitend IP-adres, omvalverslae, stelselaktiwiteit en die datum, tyd en verwyser-URL van jou kind se versoek. Ons samel hierdie inligting byvoorbeeld in wanneer ’n Google-diens op jou kind se toestel ons bedieners kontak, soos wanneer hulle ’n program van die Play Winkel af installeer.

  • Jou kind se aktiwiteit

    Ons samel inligting in oor jou kind se aktiwiteit in ons dienste, wat ons dan – na gelang van jou kind se instellings – gebruik om goed te doen soos om apps op Google Play aan te beveel waarvan hulle dalk sal hou. Jy kan kies of jou kind hul aktiwiteitkontroles kan bestuur. Jou kind se aktiwiteitinligting wat ons insamel, kan dinge insluit soos soekterme, video’s wat hulle kyk, stem- en oudio-inligting wanneer hulle oudiofunksies gebruik, mense met wie hulle kommunikeer of inhoud deel, en Chrome-blaaigeskiedenis wat hulle met hul Google-rekening gesinkroniseer het. As jou kind ons dienste gebruik om oproepe te maak en te ontvang, of boodskappe te stuur en te ontvang, byvoorbeeld wanneer hulle Google Vergader of Duo gebruik, samel ons dalk telefonieloglêerinligting in. Jou kind kan hul Google-rekening besoek om aktiwiteitinligting wat in hul rekening of profiel gestoor is, te soek en te bestuur. Jy kan ook help om hul aktiwiteitinligting te bestuur deur by jou kind se Google-rekening aan te meld of in Family Link toegang tot hul profiel te kry.

  • Jou kind se ligginginligting

    Ons samel inligting oor jou kind se ligging in wanneer hulle ons dienste gebruik. Jou kind se ligging kan bepaal word deur GPS, IP-adresse, sensordata van hul toestel af, en inligting oor dinge naby hul toestel te gebruik, soos wi-fi-toegangspunte, selfoontorings en Bluetooth-geaktiveerde toestelle. Die tipes liggingdata wat ons insamel hang deels af van jou instellings en jou kind se toestelle.

  • Jou kind se stem- en oudio-inligting

    Ons kan jou kind se stem- en oudio-inligting insamel. As jou kind byvoorbeeld oudioaktiveringopdragte gebruik (soos “Ok Google” of om aan die mikrofoonikoon te raak), sal ’n opname van die daaropvolgende spraak of oudio gemaak word om op hul versoek te reageer. Daarbenewens kan daar, as jou kind se Stem- en Oudioaktiwiteit-opsie onder die Web- en Appaktiwiteit-instelling gemerk is, ’n opname van jou kind se steminteraksie met Assistent op ’n aangemelde toestel (plus ’n paar sekondes daarvoor) met hul rekening gestoor word.

Ons gebruik verskillende tegnologieë om jou kind se inligting in te samel en te berg, insluitend koekies, piekselmerkers, plaaslike berging, soos blaaierwebberging of programdatakasgeheue, databasisse en bedienerloglêers. Ons vereis nie dat jou kind meer persoonlike inligting moet verskaf as wat redelikerwys nodig is om die Google-produkte en -dienste te gebruik wat vir hierdie rekeninge of profiele beskikbaar is nie.

Hoe ons die inligting wat ons insamel, gebruik

Google se privaatheidsbeleid verduidelik met meer besonderhede hoe ons die data wat Google insamel in samewerking met jou kind se Google-rekening of -profiel gebruik. In die algemeen gebruik ons jou kind se inligting: om ons dienste te verskaf, in stand te hou en te verbeter; om nuwe dienste te ontwikkel; om ons dienste vir jou kind aan te pas; om prestasie te meet en te verstaan hoe ons dienste gebruik word; om direk met jou kind te kommunikeer in verband met ons dienste; en om te help om die veiligheid en betroubaarheid van ons dienste te verbeter.

Ons gebruik verskillende tegnologieë om jou kind se inligting vir hierdie doeleindes te verwerk. Ons gebruik geoutomatiseerde stelsels wat jou kind se inhoud ontleed om dinge soos gepasmaakte soekresultate of ander kenmerke wat aangepas is by hoe hulle ons dienste gebruik, te verskaf. En ons ontleed jou kind se inhoud om ons te help om misbruik te bespeur, soos strooipos, wanware en onwettige inhoud. Ons gebruik ook algoritmes om patrone in data te herken. Wanneer ons strooipos, wanware, onwettige inhoud en ander vorme van misbruik wat ons beleid oortree op ons stelsels bespeur, kan ons hul rekening of profiel deaktiveer of ander gepaste stappe neem. Onder sekere omstandighede kan ons die oortreding ook aan die relevante owerhede rapporteer.

Ons kan na gelang van jou kind se instellings dalk jou kind se inligting gebruik om aanbevelings, gepersonaliseerde inhoud en gepasmaakte soekresultate te verskaf. Google Play kan byvoorbeeld, na gelang van jou kind se instellings, inligting soos apps wat jou kind geïnstalleer het gebruik om nuwe apps voor te stel waarvan hulle dalk sal hou.

Daarbenewens kan ons, na gelang van jou kind se instellings, die inligting wat ons in ons dienste en oral op jou kind se toestelle insamel, kombineer vir die doeleindes wat hier bo beskryf word. Na gelang van jou kind se rekening- of profielinstellings kan hul aktiwiteit op ander werwe en apps dalk met hul persoonlike inligting geassosieer word om Google se dienste te verbeter.

Google sal nie gepersonaliseerde advertensies vir jou kind wys nie, wat beteken dat advertensies nie op inligting van jou kind se rekening of profiel af gegrond sal wees nie. Daarenteen kan advertensies gegrond wees op inligting soos die inhoud van die webwerf of program waarna jou kind kyk, die huidige soeknavraag of algemene ligging (soos stad of deelstaat). Wanneer jou kind deur die web blaai of nie-Google-programme gebruik, kan hy/sy advertensies teëkom wat deur ander (nie-Google-) advertensieverskaffers gelewer word, insluitende advertensies wat deur derde partye gepersonaliseer is.

Inligting wat jou kind kan deel

Jou kind kan dalk inligting, insluitend foto's, video's, oudio en ligging, publiek en met ander deel wanneer hulle met hul Google-rekening of -profiel aangemeld is. Wanneer jou kind inligting publiek deel, kan dit deur soekenjins soos Google Search toeganklik wees.

Inligting wat Google deel

Inligting wat ons insamel, kan dalk in beperkte omstandighede buite Google gedeel word. Ons deel nie persoonlike inligting met maatskappye, organisasies of individue buite Google nie, behalwe in die volgende gevalle:

Met toestemming

Ons sal met toestemming (waar van toepassing) persoonlike inligting buite Google deel.

Met jou gesinsgroep

Jou kind se inligting, insluitend hul naam, foto, e-posadres en Play-aankope, kan met lede van jou gesinsgroep op Google gedeel word.

Vir eksterne verwerking

Ons verskaf persoonlike inligting aan ons geaffilieerdes of ander vertroude besighede of persone om dit vir ons te verwerk op grond van ons instruksies en in voldoening aan hierdie privaatheidskennisgewing, Google se privaatheidsbeleid en enige ander toepaslike vertroulikheid- en sekuriteitsmaatreëls.

Weens wetlike redes

Ons sal persoonlike inligting met maatskappye, organisasies of individue buite Google deel as ons in goeder trou glo dat die toegang, gebruik, bewaring of openbaarmaking van die inligting redelikerwys nodig is om:

  • aan enige toepaslike wet, regulasie, regsproses of afdwingbare regeringsversoek te voldoen;

  • relevante diensbepalings af te dwing, insluitend die ondersoek na potensiële oortredings;

  • bedrog op te spoor, te voorkom of andersins sekuriteit- of tegniese kwessies reg te stel;

  • te beskerm teen benadeling van die regte, eiendom of veiligheid van Google, ons gebruikers of die publiek soos deur die wet vereis of toegelaat.

Ons kan ook inligting wat nie persoonlik identifiseerbaar is nie (soos neigings oor die algemene gebruik van ons dienste) publiek en met ons vennote deel – soos uitgewers, adverteerders, ontwikkelaars of regtehouers. Ons deel byvoorbeeld inligting met die publiek om neigings oor die algemene gebruik van ons dienste te wys. Ons laat ook spesifieke vennote toe om inligting vanaf blaaiers of toestelle vir advertensie- en metingdoeleindes in te samel deur hul eie webkoekies of soortgelyke tegnologieë te gebruik.

Toegang tot jou kind se persoonlike inligting

As jou kind ’n Google-rekening het, kan jy by hul Google-rekening aanmeld om toegang te kry tot hul inligting, dit op te dateer, te verwyder, uit te voer en die verwerking daarvan te beperk. As jy nie jou kind se wagwoord onthou nie, kan jy dit deur die Family Link-program of Family Link-instellings op die web terugstel. Sodra jy aangemeld is, kan jy die verskeie kontroles wat in Google se privaatheidsbeleid beskryf word, soos Google se aktiwiteitkontroles, gebruik om jou kind se privaatheidinstellings en inligting te help bestuur.

As jou kind ’n profiel het, kan jy toegang kry tot jou kind se inligting, dit opdateer, verwyder, uitvoer en die verwerking daarvan beperk deur die Family Link-program of Family Link-instellings op die web.

Jou kind sal hul vorige aktiwiteit in "My Aktiwiteit" kan uitvee, en by verstek programtoestemmings (insluitend dinge soos toestelligging, mikrofoon of kontakte) aan derde partye kan toestaan. Jy kan ook Family Link gebruik om die inligting van jou kind se Google-rekening of -profiel te wysig of te verander, programaktiwiteit en programtoestemmings na te gaan, en jou kind se vermoë te bestuur om sekere toestemmings aan programme of derdepartydienste vir toegang tot jou kind se inligting toe te staan.

As jy op enige tydstip verdere insameling of gebruik van jou kind se inligting wil beëindig, kan jy jou kind se Google-rekening of -profiel uitvee deur “Vee rekening uit” of “Vee profiel uit” te klik op jou kind se rekening- of profielinligtingbladsy in die Family Link-app of Family Link-instellings op die web. Jou kind se rekening- of profielinligting sal binne ’n redelike tydperk permanent uitgevee word.

Kontak ons

Moenie huiwer om ons te kontak as jy enige vrae oor jou kind se Google-rekening of -profiel het nie. Ons is hier om te help. Jy kan in ons hulpsentrum bykomende inligting oor Family Link en jou kind se Google-rekening of -profiel kry. Jy kan ook in die Family Link-program vir ons terugvoer oor Family Link of jou kind se Google-rekening of -profiel stuur deur te tik op Kieslys ☰ > Hulp en terugvoer > Stuur terugvoer, of deur ons per e-pos te kontak, of by die adres hieronder.

Google
1600 Amphitheatre Parkway
Mountain View, CA 94043 VSA
Foon: +1 855 696 1131 (VSA)
Vir ander lande, besoek g.co/FamilyLink/Contact

As jy vrae het oor hoe Google jou kind se data insamel en gebruik, kan jy Google en ons databeskermingkantoor kontak. Jy kan ook jou plaaslike databeskermingsgesag kontak as jy besorg is oor jou regte ingevolge plaaslike wetgewing.

Google-programme
Hoofkieslys