Rekeningtoesig vir kinders en tieners

Ouers kan hulle tieners help om slim besluite aanlyn te neem deur toesig oor hulle Google-rekening en -toestelle te hou. Met die Google Family Link-program sal ouers die volgende op hulle kind se versoenbare toestelle kan doen:

  • Blokkeer of laat sekere programme of webwerwe toe
  • Hou 'n ogie oor die programme wat hulle kinders gebruik, en vir hoe lank hulle dit gebruik
  • Sluit toestelle wanneer dit tyd is om te ontspan, te studeer of te slaap

Voor jy begin

  • Dit kan omtrent 10 minute neem om toesig op te stel
  • 'n Ouer en tiener moet elk hulle eie Google-rekening hĂȘ
Google-programme
Hoofkieslys